Die 0/17 “Fast5” span het op Saterdag 26 Augustus 2017 aan die Noord-Kaap uitspele op Kuruman deelgeneem.
Hierdie formaat word gespeel deur slegs 5 spelers op die baan te hê. Spoed, akkuraatheid van doele en uithouvermoë is slegs van die eienskappe wat so `n speler oor moet beskik.
Weereens het Uppies netbal gewys dat ons op vele terreine kan presteer en kwalifiseer hierdie span vir die SA’s wat gedurende die Oktober vakansie plaasvind te Boksburg.
Baie geluk en baie sterkte vir julle toernooi. Ons is baie trots op julle
Foto van links: Anri Kotzé, Lorraine Groenewald, Nicolene Nieuwoudt, Dirette Oberholster, Liché Prinsloo, Gillian du Plessis, Melonice Kordom, Cleo Minnaar.