Foto: Murray Louw, Cameron Gilbert en Johan Louw
Murray Louw, Cameron Gilbert en Johan Murray van Uppies het die afgelope naweek van 18 tot 21 Februarie deelgeneem aan die SA Provinsiale Levels 2 en 3 Swem-Kampioenskappe te Kimberley.
Hulle het goed presteer en die volgende medaljes ontvang:
Murray in Level 3 – goud vir 100m borsslag en 50m vlinderslag, silwer vir 50m borsslag, 200m individuele medley, 100m vlinderslag en 200m borsslag. Hy ontvang ook brons vir 50m en 100m vryslag.
Cameron in Level 3 – goud vir 50m en 100m borsslag, 100m rugslag, 50m en 100m vlinderslag en 200m rugslag. Sy onvang ook silwer vir 200m individuele medley en 200m borsslag.
Johan swem in die Level 2 en ontvang silwer vir 200m vryslag en 100m vlinderslag, ook brons vir 100m vryslag, 50m vlinderslag en 50m vryslag.
Baie geluk met jul prestasies en sterkte met jul volgende byeenkoms!