Elanie Brand het die afgelope vakansie deelgeneem aan die TSA Super 8-toernooi in Durban waar sy haar baie goed van haar taak gekwyt het en derde in die 0/16-groep ge-eindig het.
Daarna vertrek Elanie na Amerika waar sy as een van ‘n groep van 10 kinders uit Suid-Afrika gekies is om aan die Wilson Camps in New Orleans, Louisiana deel te neem. Hulle het daagliks vyf ure intensiewe afrigting ontvang, asook ‘n uur “mental toughness”.
Sy neem daarna aan ‘n toernooi, aangebied deur die Universiteit van New Orleans deel waar sy moes meeding teen kinders van regoor die wêreld uit verskeie ouderdomsgroepe. Sy moes self ook teen seuns meeding . Sy slaag daarin om twee van die drie enkelwedstryde te wen. Daarna moes sy noodgedwonge onttrek as gevolg van ‘n skouerbesering.
Sy is dit eens dat sy baie geleer het en waardevolle ondervinding kon opdoen.
Become a Sponsor