Die 1ste-, 0/16- en 0/14- dogters hokkiespanne het die afgelope naweek deelgeneem aan die Noord Kaap Liga Finale te Kimberley.
Die uitslae was as volg:
1ste Dogters:
Uppies vs Adamantia – Wen 2-0
(Man van die Wedtsryd – Inge Wessels)
Uppies vs N Kaap – Verloor 3-1
(Man van die Wedtryd – Jana Victor)
Uppies vs Duineveld – Wen 1-0
(Man van die Wedtsryd – Liza Slabbert)
Die Span het pragtige hokkie gespeel, maar moes ongelukkig die knie buig teen Hoërskool Noord Kaap en het derhalwe nie in die finaal gespeel nie. Die Uppies slaag egter wel daarin om Hoërskool Duineveld te klop in die uitspeel wedstryd vir 3e en 4e plek.
Hoërskool Upington is die Platteland Liga Kampioene en eindig algeheel 3de in die Noord Kaap.
0/16 Dogters:
Uppies vs Girls High – Verloor 2-0
Uppies vs Kby CBC – Verloor 3-0
Eindig algeheel 6de in die Noord-Kaap
0/14 Dogters:
Uppies vs Diamantveld – Verloor 3-0
Uppies vs Duineveld – Verloor 3-0
Eindig algeheel 3de in die Noord-Kaap
Baie Geluk aan Elkeen van hierdie Dogters. Uppies is trots op elkeen van hul!
Foto:
1ste Meisies foto:
Agter vlnr: Anneri vd Merwe, Teliza Zaayman, Inge Wessels, Christine Richter, Jana Victor, Jane Becker, Monique Dlephu, Erna Theunissen, Erica Wessels.
Voor vlnr: Lize van Niekerk, Jolene Goussard, Almari Bruwer, Gabbi Nell, Lisa Slabbert.
Become a Sponsor