1ste Rugbyspan op pad na Kimberley
Die afgelope naweek het Uppies aan Diamantveld se Sportdag deelgeneem. Al die spanne van Hoërskool Upington het teen Hoërskool Klerksdorp meegeding. Dit was ‘n harde naweek op die speelveld vir al die rugbyspanne, maar het die spelers hul goed van hul taak gekwyt om aan te hou speel tot die eindfluitjie geblaas het. Uppies se 1ste rugbyspan het ongelooflik vertoon met aanskoulike hardloop rugby wat die skare se oë op hul gevestig het, al was hul nie eens almal Uppies nie. Die 1ste span het oorwin met ‘n telling van 57 – 19.
(Foto’s verskaf)