Die afgelope naweek het die Platteland Liga Uitspele plaasgevind in Upington. Tydens hierdie uitspele het vier van Hoërskool Upington se dogters-spanne deelgeneem, nl. 0/18A, 0/18B, 0/16A en 0/16B. Die 0/18A 1ste span dogters het in die 1ste liga deelgeneem, die 0/16A en 0/18B spanne in die 2de liga en die 0/16B dogters in die 3de liga.
Daar was in totaal 9 plattelandse skole wat deelgeneem het aan die uitspele met hul verskillende spanne in die verskillende ligas.
Die uitslae van die vier dogters-spanne is as volg:
1ste Dogters
Uppies vs Duineveld 1: Verloor 2 – 0
Uppies vs Hoërskool Martin Oosthuizen 1: Wen 6 – 0
Uppies vs Hoërskool De Aar: Wen 4 – 1
Uppies vs Hoërskool Vaalharts: Wen 8 – 0
Uppies vs Hoërskool Kalahari: Wen 3 – 1
Uppies vs Curro Wen 4 – 0
Uppies vs Hoërskool Hartswater: Wen 1 – 0
Die 1ste Dogters-span eindig algeheel 2de in die 1ste liga en dring deur na die Noord-Kaap uitspele te Kimberley op 2 en 3 Augustus.
0/18B Dogters
Uppies vs Uppis 0/16A: Verloor 1 – 0
Uppies vs Duineveld 0/18B: Verloor 1 – 0
Uppies vs Duineveld 0/16A: Verloor 8 – 0
Uppies vs Hoërskool Martin Oosthuizen 2: Wen 1 – 0
Uppies vs Hoërskool De Aar 2: Gelykop 1 elk
Uppies vs Duineveld 0/16B: Gelykop 1 elk
Uppies vs Hoërskool Kalahari 0/16: Verloor 1 – 0
Uppies vs Hoërskool Danielskuil: Wen 4 – 0
Die 2de Dogters eindig algeheel 7de in die 2de liga.
0/16A Dogters
Uppies vs Hoërskool Duineveld 0/16A: Gelykop 0 elk
Uppies vs Uppies 0/18B: Wen 1 – 0
Uppies vs Duineveld 0/16B: Wen 1 – 0
Uppies vs Duineveld 0/18B: Wen 3 – 0
Uppies vs Hoërskool Martin Oosthuizen 2: Wen 6 – 0
Uppies vs Hoërskool De Aar 2: Wen 3 – 0
Uppies vs Hoërskool Kalahari 0/16 Wen 3 – 0
Uppies vs Hoërskool Danielskuil: Wen 8 – 0
Die 0/16A Dogters eindig saam met Velties gesamentlik in die 1ste posisie, maar op grond van doelgemiddeld word hul dan 2de geplaas en dring dan ook deur na die Noord-Kaap uitspele in Kimberley op 2 en 3 Augustus.
0/16B Dogters
Uppies vs Duineveld 0/14A: Verloor 0 – 3
Uppies vs Vaalharts 0/18B: Wen 3 – 0
Uppies vs Curro 0/15: Verloor 2 – 4
Uppies vs Hoërskool Martin Oosthuizen 3: Wen 5 – 0
Die 0/16B Dogters eindig algeheel 3de in die 3de liga.
Dit was ‘n naweek wat behoorlik oorgeloop het van hokkiewedstryde. Uppies Hokkie is trots op elke dogter wat deelgeneem het en ons is besonders trots op elkeen se deursettingsvermoë en goeie sportmangees. Baie geluk aan ons 1ste en 0/16A Dogters wat na die Noord-Kaap uitspele deurgedring het, ons is opgewonde om te sien wat julle gaan vermag.
Foto bo: Agter vlnr: Z. Blunden, K. Nugent, E. v Niekerk, M. Vorster. E. Selbourne. Juf. Y Botes, C. v Wyngaard, S. van Loggenberg, Z. Maisela, B. Puley.
Voor vlnr: J. Swanepoel, K. De Beer, J. Hendricks, C. Buys, S. Lonte.