Drie van Hoërskool Upington se jong opkomende krieketspelers, Ferdie Richter, Brend Mulder en Geo Engelbrecht het vanaf 1 tot 5 Desember aan die Nasiona/15 Plattelandfees deelgeneem in Sasolburg. Al drie het met die kolf en bal in die hand baie goed gevaar.
Na die week is ‘n span “Country Districs U/15 Invitational Team” gekies wat volgende jaar 13 tot 22 Junie in Sri-Lanka gaan deelneem. Die drie spelers is gekies om die span te gaan verteenwoordig.
Hoërskool Upington is baie trots op die jong manne en wens hul sterkte toe vir die uitsonderlike geleentheid.
Foto bo: Geo Engelbrecht, Ferdie Richter en Brend Mulder.