Die O/14 netbaldogters van Hoërskool Upington is vanjaar `n baie gelukkige groepie meisies.
Hulle gedy onder die nuweling juffrou by die skool, Juf Melize Symington. Hulle vaar nog sover die jaar baie goed en baie word nog van hul verwag.
Sekere instansies op die dorp het hul potensiaal raakgesien en hul geborg met pragtige T-hemde en sportsakke.
KFC was verantwoordelik vir 3 stelle oefenhempies en Lange, Carr en Wessels vir rugsakke. Baie dankie aan al die borge! Ons glo hulle gaan jul trots maak.