Uppies Netbal het die naweek van 22-23 Julie aan die jaarlikse Coke-Netbaltoernooi in Potchefstroom deelgeneem. Hulle het hierdie jaar hulle 20 jaar fees van die toernooi gevier. Daar was in totaal 24 skole wat deelgeneem het o.a Affies,Menlopark,Volkskool en Pietersburg om net n paar te noem.
Uppies Netbal het baie goed gevaar en die skool het 13de in totaal uit die 24 skole ge-eindig.
In die onderskeie afdelings het die 0/14s 5de, 0/16s 13de en 0/19s 14de ge-eindig.
Baie dankie aan elke leerder wat help om Uppies-netbal se naam hoog te hou en ook aan elke ouer wat ons ondersteun het. Ons sien uit na die res van die seisoen.
Become a Sponsor