Upington Netbal Christine Esterhuizen. Mev Christine Esterhuizen van Hoërskool Upington dien al vir die afgelope 4 jaar op die Noord-Kaap Skole-netbal se bestuur. Sy is “High School Convenor”. In 2021 word sy ook verder verkies op die ZFM Senior Netbal se bestuur as “Director of Coaches”.
Na baie harde werk en ure van afrigting behaal sy ook haar Level 3 afrigting. Daarmee kry sy erkenning vanaf SASCOC as “Senior Sports Coach”.
Behalwe vir die feit dat Mev Esterhuizen Noord-Kaap Skole-netbal tot op ‘n hoër vlak neem, begin sy ook in 2021 by Upington Dorp Netbalklub afrig. Hulle neem deel aan die Twizza Challenge. By hierdie toernooi wen hulle die distriks afdeling en eindig hulle algeheel tweede in die provinsie. Verskeie van Hoërskool Upington se oud-skoliere het vir hierdie span gespeel.
By laasgenoemde toernooi word Di-Marie Visser van Upington gekies as beste senterbaan speler van die toernooi.
Verder word mev Esterhuizen ook verkies as die afrigter van die senior ZFM span. Hulle neem in Oktober aan die provinsiale netbal toernooi en in Desember aan die Nasionale netbal toernooi deel.
Uppies se oud-skoliere is ook gekies vir hierdie onderskeie spanne:
ZFM senior span
Navern Olivier en Di-Marie Visser
ZFM 0/21 span
Melonice Kordom
Di-Marie Visser word verder vereer deur opgeneem te word in die Diamonds span. Hulle neem in Oktober aan die Telkom toernooi deel.
Uppies netbal is baie trots op julle.
Foto’s verskaf
Hoërskool Upington plaas ‘n hoë premie op sport as deel van hul opvoeding. Skolesport wat Uppies aanbied is atletiek, gholf, hokkie, krieket, netbal en rugby. Verder word skaak, skiet en tennis aangebied. Ander sportsoorte is extreme, gimnastiek, interjol, karate, perdry, sportdinee, swem en tweekamp.
Lees meer oor Uppies:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/northern-cape/northern-cape-schools/