Foto: Chrizelle Strydom en Geo Engelbrecht
Hoërskool Upington spog met 5 leerders in onderskeie Top 20 kategorieë by die nasionale Radikale Redenaarskompetisie. Leerders het met ‘n aanlyn-praatjie hul sê gesê en het beïndruk met hulle aanbiedinge.
Alle leerders het in die voorbereide kategorie deelgeneem en in hul onderskeie grade onder die Top 20 van die nasionale ranglys geëindig.
Chrizelle Strydom (Graad 12) het die besonderse prestasie om eerste in die nasionale kompetisie te eindig in die voorbereide toespraak afdeling.
Geo Engelbrecht (Graad 11) behaal ‘n 10de plek, Mar-Zanne Strauss (Graad 10) ‘n 14de plek, Jolize Swanepoel (Graad 10) ‘n 4de plek en Mikhé Kruger (Graad 8) ‘n 12de plek.
Baie geluk. Uppies is trots op julle!