Uppies Landbou se gr.10 en 12 klas was besonders bevoorreg om ‘n lesing in grondvoorbereiding te ontvang vanaf Mnr Herbert Hattingh, bekende grondkundige.
Mnr Hattingh het onlangs teruggekeer vanaf die Midde Ooste waar hy produserende wingerdblokke gevestig het deur middel van effektiewe grondvoorbereiding.
Hoërskool Upington se leerders het ‘n ongelooflike wye basis van kennis ontvang waarop hul kan voortbou in die landboubedryf waar grond een van die belangrikste hulpbronne is en korrek benut moet word.
Uppies Landbou is waarlik opgewonde oor die pad wat ons saam met Mnr Hattingh gaan stap in ons Landbou toekoms.