Tydens die “lockdown”-tydperk wat op 18 Maart 2020 begin het, het een van ons leerders, Neo-Collin Pretorius, aan ‘n kompetisie deelgeneem op Facebook. ‘n Besigheid, nl. Perfect Bounce Consultants, het ‘n kompetisie geloods waar skool leerders kon inskryf om ‘n R1000 geskenkbewys te wen, asook 2 tennis- en netbal nette vir die leerder se skool. Om te skryf moes leerders ‘n skets van hul gunsteling sport maak en op Perfect Bounce Consultants se Facebook-blad gaan plaas. Die leerder met die meeste stemme aan die einde van April sou dan hierdie prys ontvang het. Neo-Collin Pretorius het vir Uppies ingeskryf en gewen.
Ons is baie trots op Neo-Collin en dankbaar dat hy vir Uppies se naam kon hoog hou.