Foto bo: Heelagter vlnr: John-Mark Solomon, Liané Kapp, Daylon Beukes, Itumeleng Masenge, George Engelbrecht, Ferdie Richter, Stefan Joubert Agter vlnr: Anke Engelbrecht, Kyle Britz, Reagan Cupido, McDean Cloete, Janko Botma, Buhle Mafa, Bea Engelbrecht 2de Ry vlnr: Mikail Willemse, Yulin Steenkamp, Kate Nugent, Monja Vorster, Gabbi Nel, Ela Arnon, Nelmaré Lubbe, Jaden Beukes, Phenyo Masegela Voor vlnr: Tiché Nel, Jana Nel, Lerato-Elize Spanneberg, Garmon Green, Onthatile Thaga, Roux-Che du Raan
Hoërskool Upington het onlangs hul nuwe Seniorraad vir beide die koshuise asook die skool bekendgestel.
Hoërskool Upington plaas ʼn hoë prioriteit op leierskap en daarom word die aanwys van hoofleiers eers teruggehou totdat sekere prosedures afgehandel is.
Tydens die eerste naweek van die nuwe kwartaal gaan die SR van die skool en koshuise ʼn leierskamp bywoon. Tydens hierdie kamp gaan hul blootgestel word aan leierskapseminare en leierskapaktiwiteite.
Na afloop van die kamp, gaan die SR dan die leiers vir 2021 kies.
Hoërskool Upington is besonder opgewonde oor die groep leerders. Sheryl Sandberg het gesê: Leadership is about making others better as a result of your presence and making sure that impact lasts in your absence.
Ons glo dat 2021 se SR voetspore sal laat wat ander kan volg al is hul nie meer daar nie.
Sterkte en laat 2021 vir jul en Hoërskool Upington voorwaar ʼn feesjaar wees!