Nadat Hoërskool Upington se senior krieketspan met die spanne van Kollege met 65 lopies en Hoërskool Duineveld met 149 lopies afgereken het, dring hul deur na die Semi-Finaal van die T20 liga vir 2019.
Johannes du Plessis het 78 lopies teen Kollege aangeteken en 90 teen Hoërskool Duineveld.
Daylon Beukes het in albei wedstryde baie bestendig gekolf en het 31 en 37 lopies tussen die 2 wedstryde aangeteken. Bobby Duvenhage slaan ook 44 lopies van slegs 22 balle teen Duineveld.
Bobby Duvenhage het 3 paaltjies van Kollege laat kantel en Franco Swart 5 paaltjies van Duineveld.
Ons wens hul alle sterkte toe met die semi`s.
Voor vlnr: Bobby Duvenhage, Johannes du Plessis, Brend Mulder, Clemence Terblanche, Auston Williams
Agter vlnr: Bernice Mulder (Tellinghouer), Ferdi Richter, JB Giliomee, Theuns Kotze, Daylon Beukes, Geo Engelbrecht, Franco Swart, Rohan Erasmus