)

Hoërskool Upington hou suksesvolle leierskapseminaar!

Benewens die taak om kinders akademies te onderrig, poog Hoërskool Upington al 125 jaar om ook suksesvolle leiers die lewe in te stuur.

In vandag se tyd is goeie leiers van kardinale belang en daarom het Hoërskool Upington die afgelope naweek weer `n leierskapseminaar gehou om hul leerders en ook andere leiding te gee vir die toekoms.

Die seminaar is aangebied onder leiding van Roelf Reyneke en sy vrou, Mariëtte. Hulle is verbonde aan die Dept. Maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat. Roelf spesialiseer in Avontuurterapie en het met sy kundigheid al Vrydagmiddag begin toe die onderwysers prakties ietsie van spanbou moes aanleer.

Die seminaar het Saterdag aangegaan en aktiwiteite rondom waardes was veral hoë prioriteit. Leerders moes ook besin oor watter leiersposisie hul in die gemeenskap kan inneem.

Hierdie seminaar is op `n leersame, dog prettige, spanbou wyse aangebied en niemand kon dit verlaat sonder om te erken dat dit sy lewe verander het nie.

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. Hoërskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal