Benewens die taak om kinders akademies te onderrig, poog Hoërskool Upington al 125 jaar om ook suksesvolle leiers die lewe in te stuur.
In vandag se tyd is goeie leiers van kardinale belang en daarom het Hoërskool Upington die afgelope naweek weer `n leierskapseminaar gehou om hul leerders en ook andere leiding te gee vir die toekoms.
Die seminaar is aangebied onder leiding van Roelf Reyneke en sy vrou, Mariëtte. Hulle is verbonde aan die Dept. Maatskaplike werk aan die Universiteit van die Vrystaat. Roelf spesialiseer in Avontuurterapie en het met sy kundigheid al Vrydagmiddag begin toe die onderwysers prakties ietsie van spanbou moes aanleer.
Die seminaar het Saterdag aangegaan en aktiwiteite rondom waardes was veral hoë prioriteit. Leerders moes ook besin oor watter leiersposisie hul in die gemeenskap kan inneem.
Hierdie seminaar is op `n leersame, dog prettige, spanbou wyse aangebied en niemand kon dit verlaat sonder om te erken dat dit sy lewe verander het nie.