Uppies se groot Interjol is om die draai.  Maak gerus ‘n merkie op u kalender vir die week van 7 – 12 Augustus.

Soos dit tradisioneel elke jaar gebeur; word daar op Saterdag, 12 Augustus, sterk meegeding op die rugby- en hokkievelde en die netbalbaan.

Die voorafgaande week is egter propvol interjolaktiwiteite.  Daar is vasvra, redenaars, skaak, tennis en skiet en elkeen van die aktiwiteite is belangrik want elke liewe deelnemer wil eendag sê dat hy/sy Interjol gewen het in hul jaar. Hierdie aktiwiteite sal almal by Hoërskool Upington se velde plaasvind.  Die tye en plekke sal in volgende week se Gemsbok aan u deurgegee word.  Die Donderdagaand is dit ook die tradisionele Groot Brag en alle oud uppies en veral die voornemende  nuwe leerders van 2018 word hartlik uitgenooi na die geleentheid.

Vrydagoggend is die Herdenkingsdiens in die skoolsaaL om 09:30 en elke oud-Uppie en oud-onderwyser word hartlik uitgenooi daarheen.  Die reunie is vanjaar vir die jaargroepe wat op ‘n “7” eindig, maar alle Uppies is uitgenooi vir die tee en saalbyeenkoms.

Daar is heelwat gazebo-spasies te koop vir Saterdag.  Indien ‘n besigheid of groot groep vriende onder ‘n gazebo wil sit, is u welkom om vir Altus v/d Heever te skakel by

082 922 9681 of kontak die skool by 054-3321491.

Daar sal genoeg sitple wees maar u kan maar  ‘n opvoustoel saambring,  Parkering behoort nie ‘n kopseer te word nie en ‘n gedetailleerde aanwysing van die parkering sal volgend week in die GEMSBOK wees.

Kom ondersteun u Alma Mater.  Hierdie beloof om, soos elke jaar, ‘n groot geleentheid te wees.

Become a Sponsor