
Die afgelope naweek het 4 atlete van Hoërskool Upington aan die Standard Bank JP Botha Atletiekbyeenkoms te Bloemfontein deelgeneem.
Soos ware Uppies het hul baie baie goed gedoen. JJ Snyders het goud in die 100m hekkies gekry en sommer ook die byeenkoms-rekord verbeter. Nicolene Loots het 4de in die 100m hekkies gekom en goud verower in die 400m H.
Henro Kotze het 9de gekom in die 200m uit 64 atlete en Angus was onder die top 15 in die 200m en 100m.
Na die byeenkoms was hul bevoorreg om te beleef hoe die Cheetahs die Bulle op die Vrystaatstadion verpletter.
Hoërskool Upington is baie trots op die atlete en kyk met verwagting uit na wat hul nog gaan doen die atletiekseisoen.
Become a Sponsor