)

Hoërskool Uitsig, Centurion skenk R6000

Hoërskool Uitsig in Centurion, Gauteng, het R6000-00 geskenk wat bestaan uit fondse wat die Hoofleiers van die Uitvoerende Komitee met hul Spur fondsinsameling gemaak het, Graad 11 leerders met ’n koekverkoping vir hulle Kersfees in Mei projek, gelde uit ons Uitsig Cares fonds sowel as van ons wins met die skole aflosbyeenkoms.

Dit is vir ons belangrik dat skole mekaar ondersteun,  veral dié wat in ’n erge nood verkeer soos Hoërskool Knysna, na die geweldige brande wat daar gewoed het.

Knysna HS Support 7  ’n Paar skole in Tshwane, Gauteng het saamgestaan en goedere bymekaargemaak wat Hoër Meisieskool gekoördineer het.  Die goedere het na skole en die gemeenskap gegaan.

Aangeheg is foto’s van die goedere en geld wat ons skool aan skole in Knysna geskenk het.  HS Knysna het bv. 9 onderwysers en meer as 18 leerders in die hostel wie se huise afgebrand het sowel as hul skool wat gebrand het en die hostel kinders wat dus alles verloor het. Ek heg ook foto’s aan van hierdie skenking wat ons skool gemaak het.

Foto heel bo v.l.n.r.:

Marizel Malan (Hoofdogter), Anathi Mlabateki (Hoofseun), Dr Gerhard Maré (Hoof), Mikhaeel Reddy (Graad 11), Barbara Moagi (Graad 11)

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal