Baie geluk aan Courtney Schelhase in Graad 9 wat as finalis deelgeneem het aan die Dramaweb-SA kompetisie.
Dit is ‘n wonderlike, aanlyn opvoeringsgeleentheid wat geskep is vir ons jeug en van die beoordelaars in hierdie kompetisie sluit in Ira Blanckenberg, Waldi Schultz en Marvin-Lee Beukes.
Ons is trots dat ons skool se naam steeds hoog gedra word in hierdie aanpasbare tye.