KPMG skoleprogram vir jong rekenmeesters
Donderdag, 5 Oktober, het ek, Kaylin Mariette, Pieter Welgemoed en Oren Renoster die geleentheid gehad om Hoërskool Strand by die KPMG skoleprogram by te woon. Dit was vir ons al drie ‘n groot voorreg om genooi te word.
Ons het 08:30 die oggend daar aangekom en was gegroet deur al die ander vriendelike gesigte verskeie skole uit die kaap.
Deur die dag was ons meer in gelig oor al die verskillende aspekte van die besigheid en wat dit sal behels om daar te werk en hoe om te kwalifiseer vir ‘n beurs. Daar was met ons gepraat oor die oudit, belasting, forensies en IT afdelings van die besigheid.
Om die hele dag af te sluit het ons ‘n paar speletjies gespeel en daarna deur die kantore gestap om die besigheid se werksomgewing beter te leer ken. Dit was toe tyd om totsiens te sê vir al die nuwe vriende wat ons gemaak het. Ons wil vir KPMG en Hoërskool Strand baie dankie sê vir die geleentheid.