)

Hoërskool Strand Wiskunde kompetisies

Op 25 April het 75 leerders aan die Wiskunde-kompetisie van die Universiteit van Kaapstad deelgeneem. Ongeveer 6500 leerders van 160 skole het vanjaar deelgeneem. Na aanleiding van hierdie kompetisie is Dylan Swarts, gr. 9 Hoërskool Strand, Jolene le Roux en Mieke van der Merwe (beide gr. 11) genooi om aan die Uitnodigings-olimpiade deel te neem.

Dylan Swarts is ook genooi na die prysuitdeling, aangesien hy die beste presteerder van Hoërskool Strand was. Baie geluk aan elke leerder wat gekies is om die skool te verteenwoordig, asook aan hierdie leerders vir ‘n uitstekende prestasie. Volledige uitslae word tydens die prysuitdeling bekend gemaak.

Heelwat gr. 10 – 12 leerders het ook die uitdaging aanvaar om aan Die Burger se aanlyn-wiskunde kompetisie deel te neem.

Chris Langeveldt is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as een van die top 20 presteerders in die Wes-Kaap en is genooi om op 27 Julie aan die finale rondte deel te neem.

Hy wen dan ook vir die tweede keer ‘n kontantprys.

Voorwaar ‘n trotse prestasie.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal