Op 25 April het 75 leerders aan die Wiskunde-kompetisie van die Universiteit van Kaapstad deelgeneem. Ongeveer 6500 leerders van 160 skole het vanjaar deelgeneem. Na aanleiding van hierdie kompetisie is Dylan Swarts, gr. 9 Hoërskool Strand, Jolene le Roux en Mieke van der Merwe (beide gr. 11) genooi om aan die Uitnodigings-olimpiade deel te neem.
Dylan Swarts is ook genooi na die prysuitdeling, aangesien hy die beste presteerder van Hoërskool Strand was. Baie geluk aan elke leerder wat gekies is om die skool te verteenwoordig, asook aan hierdie leerders vir ‘n uitstekende prestasie. Volledige uitslae word tydens die prysuitdeling bekend gemaak.
Heelwat gr. 10 – 12 leerders het ook die uitdaging aanvaar om aan Die Burger se aanlyn-wiskunde kompetisie deel te neem.
Chris Langeveldt is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as een van die top 20 presteerders in die Wes-Kaap en is genooi om op 27 Julie aan die finale rondte deel te neem.
Hy wen dan ook vir die tweede keer ‘n kontantprys.
Voorwaar ‘n trotse prestasie.