)

Hoërskool Strand vier agtiende Roeseljare-uitreik

Dit is reeds die agtiende jaar wat Hoërskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, België. Dit bied aan twaalf graad 10-leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te bou. Die twee leerkragte wat hul sal vergesel, is mev. Lynette Wolff en me. Juliana Kotzé.

Die groep vertrek 14 September en keer weer terug na Suid-Afrika op 5 Oktober.

Die groep gaan hul toer afskop met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek die groep na België waar die Belge hul met ‘n ongelooflike program inwag. Die groep gaan Antwerpen, Brussels, Brugge, Ghent, Ieper en nog baie ander besienswaardighede in België besoek.

Hulle is ook gelukkig om Parys, Frankryk, te besoek waar hul die stad en vir Euro-Disney gaan beleef. Die groep gaan ook die skool besoek en ‘n stukkie van Suid-Afrika met hul deel.

Wat die program so uniek maak, is dat die leerders by die Belge se huise tuisgaan en daar leef, eet en ervaar,wat die Belge as alledaags beskou.

Die Arende sien uit na ‘n opwindende reis saam.

Agter vlnr: Ansunet Bause, Tristan Nel, Simeon Momberg, CJ Smit, Marli Botha, Danée Pfaff

Voor vlnr: Lynette Wolff (onderwyseres) Melissa Breedt, Ian Ter Haar, Jalize Herbst, Kelly Botha, Amore Rossouw, Mienke Kleinhans en Juliana Kotzé (onderwyseres).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal