Hoërskool Strand het vanaf 1 April vir Mnr Marais Pelser verwelkom as hul nuwe Adjunkhoof vir Sport, Geboue en Terrein.
Hy het sy onderwysloopbaan in 1998 by Hoërskool President begin en in 2002 verhuis na Mosselbaai. By Hoërskool Punt in Mosselbaai het hy gevorder tot Departementshoof in beheer van IGO, Sport, en Geboue en Terrein. Hier het hy passievol IGO, Tegnologie en ook Siviele Tegnologie aangebied. Hy dien ook die laaste aantal jare op die Departement van Onderwys se skolespan vir Kurrikulumontwikkeling vir Siviele Tegnologie.
Op sportgebied rig hy vir 15 jaar Hoërskool Punt se Eerste Rugbyspan af. Hy was die afrigter van die SWD-Akademie asook die SWD-Sewesspan in 2018. Hy dien op die SWD-Skolerugbybestuur, en tree die laaste sewe jaar as SWD Rugbykeurder op.
Sy vrou, Lucette, begin op 1 Mei by Hoërskool Strand as Engels Eerste Addisionele Taal onderwyseres en sy twee kinders, Dante (gr. 7) en Juliette (gr. 4), by Laerskool Lochnerhof.
Baie welkom by die Arendfamilie!
#ArendTrots
Foto verskaf