Hoërskool Strand verwelkom graag vir me. Lucette Pelser by die Arendfamilie.
Me. Pelser het grootgeword in die Boland en gematrikuleer aan die Hoërskool Hugenote. Sy het Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en later onderwys deur UNISA studeer.
Sy is passievol oor haar familie en vriende, en swem, duik en surf graag in die see. Jy kan haar omkoop met ‘n lekker koffie en goeie leesboek.
Sy het die laaste 20 jaar onderrig gegee by onderskeidelik Hillcrest Secondary, PW Botha College, Cape St. Blaize Independend School, Curro en Hoërskool Punt, almal skole in Mosselbaai.
Me. Pelser sluit by die Arende aan as Engels Eerste Addisionele Taal-onderwyser.
“Ons glo jy gaan baie gelukkig wees by die Arendfamilie, me. Pelser!”
Foto verskaf