Mnr. Iwaan Schell van Hoërskool Strand het sy honneurs Cum Laude geslaag.
In 2017 het mnr. Schell sy onderwysgraad voltooi en daarna besluit om ‘n paar nuwe veranderinge te maak. Hy skuif sy onderwysloopbaan na Hoërskool Strand, verhuis na Strand en trou ook met die liefde van sy lewe. Hy speel vir die eerste keer senter op die rugbyveld en wys deurgaans sy aanslag as rugbyafrigter by Hoërskool Strand. Weens goeie prestasies in sy vorige studies besluit hy om sy honneurs aan te pak. Dit was wel nie aldag maklik nie, maar die resultate is uitstekend: om Cum Laude te slaag.
Baie geluk, mnr. Schell, met hierdie uitmuntende prestasie.
U is verseker ‘n aanwins vir Hoërskool Strand!