‘n Oudleerder van HS Strand, Anso Kemp, het ‘n internasionale skeidsregtersgradering behaal.
Anso Kemp het in 2009 haar NSA A-gradering ontvang. Vanaf hierdie datum het sy gereeld finale van SA Seniors en Nasionale Netballigas geskeidsreg.
Groot wedstryde wat sy geskeidsreg het is:
2010: COSANA Games
2011: Toetsreeks in Botswana – Finaal
2012: World University Netball Championship in Kaapstad
2012: Fast 5 in New Zeeland (was die derde skeidsregter by die finaal)
2013: World Youth Netball Champs in Glasgow Skotland geskeidsreg.
2013: SA Seniors Dames Finaal geskeidsreg.
2014: SA Seniors Finaal geskeidsreg
2014: Fast 5 Toernooi in Potchefstroom finaal geskeidsreg
2015: Skeidsreg ‘n wedstryd by Super League in Engeland
2015: Diamond Challenge die finaal tussen SA vs Malawi
2016: Tydens die World Youth Netball Qualifiers in Botswana kry Anso die International Umpire’s Award
2017: Netball World Youth Championship in Gaberone skeidsreg sy die finaal tussen Australië en New Zeeland
Vanaf 2013 skeidsreg Anso jaarliks by die Brutal Fruit Netball League.
Soos julle kan sien is dit ‘n spog produk van Hoërskool Strand.
Sy sal jou nooit laat minderwaardig voel nie. Anso is ‘n beskeie persoon en loop nie tekoop met dit wat sy al alles bereik het nie. As persoon is sy nederig.
Become a Sponsor