Gerhard-van-Eeden-afrigter-Jaco-Momberg-Durand-van-Deventer-Danie-Momberg-en-Heinrich-Rossouw-0.15A-span.
Op 5 Augustus het Hoërskool Strand en Hoërskool Parel Vallei weereens die stryd aangeknoop in die jaarlikse muurbal-interskole. Vanjaar was Strand die gasheerskool in die sesde jaarlikse kragmeting.
Spel van hoogstaande gehalte is deur beide skole se spelers gelewer en Woensdag, 7 Augustus, was die hoogtepunt waartydens al drie ouderdomsgroepe se A-spanne mekaar die stryd aangesê het.
Van die 36 wedstryde en nege spanne, het Hoërskool Strand vanjaar loshande geseëvier met net 2 uit die 36 wedstryde wat hulle verloor het. Hoërskool Strand verower dan vanjaar aldrie die trofeë nl. o.15-span, o.19-dogters en o.19-seuns.