Alexander en Christopher Smit van Hoërskool Strand het op Saterdag, 16 Maart, aan die Wes-Kaap Moderne Vyfkamp te Paul Roos Gimnasium,Stellenbosch, deelgeneem en die volgende prestasie behaal:
Alexander verower ’n goue medalje (1ste) in die o/17 seuns-afdeling en Christopher ’n brons medalje (3de) in die o/17 seunsafdeling
Hiermee word hulle albei verkies vir die Wes-Kaap-span om aan die Suid-Afrikaanse Moderne Vykamp Kampioenskappe te Curro College, Hazeldean in Pretoria die naweek van 03/04 Mei deel te neem.
Foto bo: Alexander in die middel en Christopher heel regs