Op Sondag, 21 Februarie, het Alexander Smit van Hoërskool Strand aan die Wes-Kaap “Laser Run” te D’Aria, Durbanville gaan deelneem.
Alexander het ’n eerste plek vir seuns o/19 behaal en is vir die Wes-Kaap-span verkies om op 28 Maart in Somerset-Wes by Somerset College aan die SA Laser Run Kampioenskap 2021 te gaan deelneem
By die SA Laser Run Kampioenskappe 2021 het hy ’n tweede plek behaal en kan moontlik vir die SA Laser Run-span na die 2021 Laser Run Wêreld Kampioenskap in Egipte (Kaïro) verkies word. Hulle wag nog vir die verkiesing van die span, maar COVID-19 kan dit belemmer.
Alexander het ook op Saterdag, 6 Maart aan die Wes-Kaap Vyfkamp te Stellenbosch, Paul Roos Gimnasium, deelneem. Hier het hy ’n eerste plek verower en het vir die SA Vyfkamp Kampioenskap te Somerset College, Somerset-Wes op 27 Maart gekwalifiseer.
Tydens ’n baie strawwe kompetisie by die SA Vyfkamp Kampioenskap het hy weereens ’n tweede plek behaal en van die land se beste skermatlete geklop.