Arno Schaake (15) van Hoërskool Strand het op 23 Mei aan ‘n provinsiale motorfiet sproewegeleentheid deelgeneem.
Hy neem al sedert 2019 aan motorfietskompetisies deel en kwyt hom besonder goed van sy taak, aangesien die ander deelnemers almal volwasse mans is. Hy ry reeds motorfiets vandat hy 8 jaar oud was, maar het in 2019 aan kompetisies begin deelneem.
By die “Nomads Cape Trials” het hy ‘n derde plek behaal – wat beslis ‘n noemenswaardige prestasie is.
Hoërskool Strand kan met reg trots op hierdie “jaagduiwel” wees.