Ané Braasch van Hoërskool Strand, het die afgelope week ‘n dubbele verrassing gekry.
Behalwe dat sy aangewys is as die Senior Victrix Ludorum by die Kleure-atletiekbyeenkoms van 2019, is sy ook gekies om in September saam met ‘n hokkietoerspan na Nederland te gaan.
Hierdie spelers is by die Fairmont-toernooi as die topspelers uitgesoek om aan hierdie toer deel te neem.
Baie geluk, Ané!
Die Arende is trots op jou!