Martin Theron, gr.10-leerder by Hoërskool Strand, het gekwalifiseer om vanaf 15-18 Desember aan die senior Wes-Kaap Swemkampioenskap in Malmesbury deel te neem. Dit is ‘n baie mooi prestasie, aangesien die swemmers regdeur die inperkingstyd nie kon oefen nie – en hulle in ‘n kort tydjie kwalifiserende tye moes behaal.
Hoërskool Strand is baie trots op Martin en wens hom net die allerbeste toe.