OP Vrydag, 5 April, het Hoërskool Strand se astro gewemel van 50 opgewonde o/7 en o/8 Lochnerhof-gesiggies – almal met een doel voor oë – om toekomstigge hokkiespelers te word.
Die opgewondeheid was groot en die afrigters het hulle hande vol gehad met hierdie entoesiastiese spelers.
Hulle is die basiese vaardighede van hokkie geleer en daarna is die hokkiekliniek met miniwedstryde deur minispelertjies afgesluit.