Hoërskool Strand is trots op die eerste uitgawe van die Suidooster-skoolkoerant wat vanoggend in die personeelkamer aan die skoolhoof, mnr. D. Malan, oorhandig is. In die nuutste uitgawe kan al die kraakvars nuus van Hoërskool Strand gelees word.
Die aanlynkoerant is op die skool se webblad beskikbaar. Volg net die skakel na die koerant op die skool se webblad.
Foto Vlnr: Jean le Roux (hoof van die bladuitlegspan, Michelle Pio (bladuitlegspan), Ronado Phillips (subredakteur) en Michelle Olivier (redaktrise) asook mnr. Danie Malan, skoolhoof van HS Strand.