Die onder 16 B Boland IPT-meisies-hokkiespan het die finaal van die B-seksie, wat vanaf 24-29 Junie in Pietermaritzburg plaasgevind het, gewen.
Jadyn Engel van Hoërskool Strand was deel van hierdie span wat die goue medalje gewen het.
Dankie dat jy Hoërskool Strand se naam hoog gehou het, Jadyn!