)

Hoërskool Strand atlete presteer by ASA Kampioenskappe

Marli Botha en Christopher Smit is twee Arende wat hulle nie deur die Covid 19-ontwrigtinge laat onderkry het nie. By die afgelope ASA Kampioenskap in die Paarl het hulle deeglik gewys wat in hulle steek.

Die Covid-pandemie het alle sportmense ‘n groot slag toegedien, aangesien niemand vir ‘n lang tyd kon oefen of aan enige byeenkomste deelneem nie. Dit het hierdie twee atlete egter nie verhinder om hul passie uit te leef en voort te gaan met oefeninge nie – indien die moontlikheid van ‘n kampioenskap miskien onverwags sou opduik. Aangesien daar geen skole-atletiek was nie, het hulle by klubs aangesluit en ‘n besondere alleenpad aangedurf.

Marli Botha het in die onder 20-ouderdomsgroep deelgeneem, waar sy al 7 Boland-kompetisies gewen het. Met hierdie prestasie het sy aan ASA se standaarde voldoen en het dit vir haar ‘n plek in die junior Boland-span besorg – waar sy die afgelope naweek by die ASA Kampieonskap ‘n vyfde plek met 46m behaal het.

Marli het ook die besondere pretasie behaal om die enigste dameshammergooier te wees wat gekwalifiseer het om van 15-17 April aan die senior SA Kampioenskap in Pretoria deel te neem. Sy word deur Leon Spies afgerig – ‘n gerekende afrigter, wat al van 2009 af ‘n ASA-afrigter in hamergooi is en gereeld skolepresteerders op nasionale vlak oplewer.

Christopher Smit het die afgelope naweek by die ASA Kampioenskap in die Paarl die goue medalje in die hammergooi onder 18-afdeling verower – met ‘n skitterende afstand van 60,87m.

Christopher het ook besluit dat hy hom nie deur die Covid-ontwrigting gaan laat onderkry nie. Hammergooi is een van sy passies en al moet hy dit alleen doen, wil hy die beste wees wat hy kan wees. Hy het vir ‘n kort rukkie ‘n afrigter gehad, maar as gevolg van Covid, kon hul paaie nie verder kruis nie. Die res van die pad na die SA Kampioenskap het hy dus sonder ‘n gekwalifiseerde afrigter aangepak. Sy pa moes video’s van sy gooie neem – waaruit hulle fout-ontleding gedoen en foute reggestel het. Christopher het baie alleenure op die oefenveld deurgebring om sy tegniek te vervolmaak en die beste moontlike voorbereiding te doen. Die opgewondenheid was dus baie groot toe die vooruitsig van ‘n nasionale kompetisie ter sprake gekom het. Sy deursettingsvermoë het resultate gelewer en hy het by elke byeenkoms net verbeter. Sy goeie dissipline, ondersteuning van sy ouers, vriende, familie, die skool en die WP-bestuur het alles bygedra tot sy uiteindelike sukses om die prestasie as Suid-Afrikaanse kampioen en ’n nuwe persoonlike beste afstand te behaal.

Die skool se allerbeste wense vergesel hierdie twee atlete op hul sportpad vorentoe.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal