Christoper Smit van Hoërskool Strand het onlangs, gedurende die herinstelling van die atletiekseisoen, deelgeneem aan die Boland- en WP ligabyeenkomste.
Die afgelope naweek het hy ’n persoonlike beste afstand van 59,88 meter gegooi en daarmee die kwalifiseerde standaard behaal vir die opkomende ASA 2021 Nasionale o.18- en o.20 Kampioenskappe te Dal Josaphat, Paarl op 8-11 April. Die goeie afstande wat hy behaal het in die afgelope maand het hom ook ’n plek in the “ASA Top Performance List for Track & Field 2021″ verseker.
Baie geluk, Christopher. Hoërskool Strand is trots op jou.
Foto verskaf