)

Hoërskool Strand Arende vlieg hoog by SA’s!

Foto: 480 kg meisies

Hoërskool Strand het drie spanne gehad wat op 23-25 April aan die 2021 SA Junior Toutrekkampioenskappe te Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal deelgeneem het.

Vanweë die huidige pandemie is die nasionale kompetisie afgeskaal tot slegs die drie internasionale gewigsklasse (480 kg meisies, 520 kg gemeng en 560 kg seuns), met die wenners van die onderskeie goue medaljes wat Suid-Afrika hopelik later vanjaar op internasionale vlak gaan verteenwoordig!

Wat hierdie nasionale kompetisie uniek gemaak het, is dat dit onder uiters streng COVID-19-riglyne plaasgevind het, met ‘n maksimum van 250 mense wat teenwoordig mag gewees het. Dit het beteken dat net die sterkste spanne van regoor die land kon deelneem. Met die nodige inskadering van atlete en beamptes, gereelde spuit van toue en slegs deelnemers aan die betrokke gewigsafdelings wat naby en op die veld toegelaat is, het Helderberg se Arende deeglik rekenskap van hulself gegee. Die 480 kg dogters was uiters ongelukkig om nie ‘n medalje te wen nie en het uiteindelik vyfde geëindig.  Net so het sowel die 520 kg gemengde span (vier seuns en vier dogters), asook die 560 kg seuns algehele sewende plekke behaal. 

‘n Verdere pluimpie is dat Hoërskool Strand se administrasie saam met ‘n ander klub as die beste van die toernooi uitgesonder is.  Boonop is die 480 kg meisies se uitmergelende wentrekke teen Hoërskool Swellendam as die beste van die hele kampioenskappe aangewys!

Die 2021 SA’s het weereens bewys hoe uiters moeilik dit is om ‘n medalje op hierdie vlak te wen.  Groot geesdrif heers egter onder die hele Arend-oefengroep om deur die jaar hard te werk ten einde weer te presteer tydens die 2022 SA Kampioenskappe wat in Malmesbury gaan plaasvind.  Dit is die doelwit van Hoërskool Strand se toutrekatlete om binne die volgende vier jaar ‘n nasionale span op te lewer – ‘n droom waarvoor hard gewerk word!

Hoërskool Strand se 560kg WP-span
520kg gemengde span
560kg seuns
Emosies na wen teen Swellendam

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal