Met al ons leerders wat môre weer terugkeer skool toe, is dit net die regte tyd om amptelik ook vir mej. WILMARI MULLER by ons Villie-familie te verwelkom. Juf. Wilmari sal die leisels stewig vashou in die Wiskunde gr.9 tot 12-klas en by die gr.4’s se NW. Ons glo en vertrou dat sy baie gelukkig hier by ons gaan wees en ook nog diep spore sal laat. Een maal ‘n Villie, altyd ‘n Villie!!