Baie geluk aan ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Sentraal, Wilmi van Heerden, en oud-Tralie, Fifi Nketsa, wat na die naweek se netbal-proewe as lede van die SA o. 21-netbalgroep aangewys is. Verdere proewe word later gehou vir die aanwys van die span.