Mag jy soos ’n kameelperd
Met jou kop in die wolke loop
Mag jy al die lekkerste blaartjies
Bykom wat die lewe
Die moeite werd maak.
Mag jy die son eerste sien opkom
En oor niks hoef te ween nie.
Mag alles wat mooi is
Jou pad gelyk maak en
Mag onse Heer se liefde en genade
Jou regdeur die dag seën.