Donoven Havenga, gr. 11, het 17 tot 21 Mei aan die virtuele kompetisie van Pole/Ierland, Internationale Sterre, deelgeneem.
Hy behaal die volgende prestasies:
Ballet: tweede plek
‘Modern’: eerste plek
Tap: eerste plek
Jazz: eerste plek
Hy ontvang ook spesiale toekennings vir algeheel eerste plek in moderne dans vir alle ouderdomsgroepe en algeheel tweede plek in Tapdans vir alle ouderdomsgroepe.
Donoven het op 5 Junie aan die streeksuitdunne van ‘Talent Africa’ deelgeneem en die volgende prestasies behaal:
Hy verower goue medaljes in al sy items naamlik ballet (klasiek), ‘ballet points’, jazz, ‘lyrical’, moderne dans, musikale dans asook vir fluit, sang en klassiek. Donoven dring na die ‘Talent Africa’ nasionale kompetisie deur wat in Oktober plaasvind. Donoven het ook sy ‘modern’ en ‘tapdans’ eksamen afgelê en het die volgende punte behaal:
‘Modern elementary’: 97%
‘Tap elementary’: 95%
Baie geluk met skitterende prestasies.
Die Tralies is trots op jou.
Foto verskaf