Danielle Ceronio, Graad 12 SMA-vakmusiekleerder, is as finalis vir die Nasionale Jeugmusiekkompetisie gekies. Die kompetisie vind gedurende Augustus in Kaapstad plaas. Die kompetisie strek oor 4 rondtes en is baie veeleisend.
Kinders regoor Suid-Afrika skryf in vir die kompetisie met ‘n aanlyn-oudisie.
Sentraal wens vir Danielle baie geluk en alle sterkte toe met haar voorbereiding vir die kompetisie wat voorlê.
Foto verskaf