Baie geluk aan Marius van der Merwe, ‘n gr. 9-leerder van Hoërskool Sentraal, wat na die finaal in die Netwerk 24 Blitsbrein Junior kompetisie deurgedring het. Die finaal vind op 15 Augustus plaas.
Ons is trots op jou! Sterkte met die finaal.
Hoërskool Sentraal bied ‘n wye verskeidenheid akademiese vakke en buitemuurse aktiwiteite wat sal bydra tot die groei van u kind op ‘n groot verskeidenheid areas. Die Hoërskool Sentraal beskik oor ‘n unieke oop vakkeuse wat beteken dat die leerders enige DRIE vakke vanaf graad 10 kan kies. Dit stel die leerders in staat om hulle beter voor te berei vir moontlike beroepsrigtings omdat hulle die vakke kan neem waarvoor hulle aangelê is en wat betrekking het op hulle spesifieke belangstellingsveld.