Het jy al ‘n keuse vir jou Hoërskool uitgeoefen?
Die Hoërskool Sentraal presteer op talle gebiede waarvan luggeweerskiet een is.
Interessante inligting:
● Hoërskool Sentraal se skietklub bestaan uit 60 skuts
● Gedurende 2018 en 2019 is 25 skuts gekies vir die onderskeie Vrystaatspanne wat aan die Nasionale Bisley (SA’s) deelgeneem het
● 6 Skuts word gekies vir die SA-Skolespan (SANSSU) na BJI in Engeland (2018/2019)
● 8 Skuts ontvang Erekleure/Spesiale erekleure (2018/2019)
● In 2020 word 8 skuts uitgenooi na die nasionale proewe vir die kies van SA-Skolespan (SANSSU)
Foto’s verskaf