Hoërskool Secunda se kuns-leerders het hierdie jaar uitgeblink tydens Mpumalanga se Kunskompetisie.
Elke jaar neem leerders van die Kuns en Ontwerp Departemente deel aan die kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods word en vele top tien tien plekke is al deur die leerders ingepalm. Hierdie jaar se presteerders is gekies en sluit 137 inskryfwings in regoor die provinsie. Dit is ‘n merkwaardige prestasie! Ses leerders ontvang meriete-toekennings van die Departement van Onderwys. Die tema vir 2020 was ‘Heritage Re-imagined’. Die leerders moes unieke kunswerke skep waarin hulle die tema vanaf konseptualisering tot ‘n produk op ‘n kreatiewe wyse moes interpreteer en uitbeeld.
Hoërskool Secunda is besonder trots op elkeen van hierdie talentvolle leerders.