Villies is baie opgewonde om BLINKBREIN BUKSIES KLEUTERSKOOL as amptelike voedingskool van Salomon Senekal te verwelkom.
“Blinkbrein Buksies, onder die bekwame leierskap van mev. Yolandi Duminy, het geen bekendstelling in ons gemeenskap nodig nie. Ons weet dat Blinkbrein Buksies Kleuterskool met dieselfde passie bedryf sal word waarmee die nasorgsentrum vir so lank al die geval is.
Hierdie kleuterskool is reg oorkant ons skool en registreer tans kleuters tussen die ouderdomme 2 en 5 jaar.”