Hoërskool Salomon Senekal in Viljoenskroon het ‘n geesweek aangebied vanaf 28 tot 2 Oktober 2020 met verskillende temas.
Maandag het hulle afgeskop met ‘n Nerd-dag in gewone klere. Die kinders het hulle uiters goed van hulle taak gekwyt.
Dinsdag het die leerders gespog met Snaakse maskers en het weereens alle verwagtinge oortref.
Woensdag was Dieredag. Die kinders moes aantrek en hulle gesigte verf soos diere. Die leerders is ook gevra om ou komberse, handdoeke en dierekos te skenk. Baie dankie aan Elizma Olivier (hoofdogter) en Otto Jordaan (hoofseun) vir hulle inisiatief om dit aan die Matlosana-diereskuling te skenk. Baie dankie aan al die Villies wat hulle harte oopgemaak het met die ruim skenkings vir die diere.
Donderdag het hulle ‘n so-sal-jy-my-eendag-sien gehou. Dit is baie duidelik dat Villies ‘n groot verskeidenheid beroepe gaan oplewer!
Welgedaan Villies julle almal Rock!!!