Hoërskool Robertson is baie trots op Linry Johnson (Regs) en Emma Du Preez (Links) wat opgeneem is in die Wes-Kaap Netbalspanne wat aan die All Ages gaan deelneem – dis die Suid-Afirkaanse Kampioenskappe. Wat hierdie prestasie uitsonderlik maak, is dat dit verteenwoordigend is van die hele Wes-Kaap. Dit beteken dat spanne gekies word uit 6 distrikte: Kaapstad Metropool (die ou WP), Kaapse Wynland (die ou Boland), Weskus, Overberg, Eden (die Suid-kaap) en Sentraal Karoo (Beaufort-Wes en omgewing)
Linry is by 0/16 en Emma by 0/18.